Die Karoo Jakkals

lojack0002

In al die beste volksverhale uit Europa en Afrika is daar ‘n vos óf ‘n jakkals – twee eenderse dierasies. Amper altyd is hulle “die skelm” van die storie.

Hulle is welbekend vir hul agterbaksheid, wat goed geslyp is tydens jarelange vetes met kleinvee-boere.

In die Karoo word hierdie oorlog al vir geslagtelank gevoer. Dis amper soos ‘n wapenwedloop.

lojack0004

Die boere se mees effektiewe jakkalsjag-metode behels laatnag uittogte met vreemde fluitjies wat die swernote kwansuis nader lok, en kragtige gewere met knaldempers. Knaldempers? Om die ánder jakkalse in die duister te hou, my kind.

Maar die onnutsige vosse word vinnig wys uit hul vorige foutjies – hul eie en ander s’n. Hulle leer hul kleintjies wat om te vermy; so die oorlewingsstrategieë word deurentyd verfyn.

In ’n verdraaide soort natuurlogika, veroorsaak dié jakkals-vervolging egter ‘n getalle-aanwas. Blykbaar word een alfa jakkalsmannetjie se plek gevul deur verskeie ander. Die uitroeiery het jakkals-evolusie aan’t groei, want die stadiges en dommes is, helaas, dood!

lojack0003

Nes mense en kraaie, kan jakkalse van prooi verander. As die springbokke en skaaplammers dun gesaai is, eet hulle bessies, insekte, besies, eiers, akkedisse, muise, of aas. Hulle leef op ‘n mespunt, wakker en opportunisties.

Kleinveeboere mag hulle met ‘n passie haat, maar jakkalse het voorbeeldige gewoontes. Daar is absolute gelykheid tussen wyfies en mannetjies. Die twee doen alles saam en bly toevallig ‘n paar, lewenslank. Die groter jakkalsies help die babas grootmaak met al die toegewyding van regte ouers.

‘n Knapsak vol Karoo II is HIER beskikbaar in E-boek formaat.

, , , ,

No comments yet.

Leave a Reply