Knapsak-I

Knapsak vol Karoo I Eboek

4.00 out of 5
(1 customer review)

R150.00

Kom ry met ons deur die Wye Karoo!
Format: PDF. File size: 15.9 MB

Category: .
Share: Share on FacebookTweet about this on TwitterPin on PinterestEmail this to someone

Vandag is die perfekte dag om in die Karoo te wees – as inwoner, óf as besoeker.

Hier het ons sjampagne-sprankel lug, meestal vriendelike bure, horisonne wat jy vir dae en dae in jou motor kan jaag, ‘n grondpad wat soms niks meer as een donkiekar per uur sien nie – en meerkatte wat soggens die lug bespied vir goeters wat in die wolke rondvlieg.

In hierdie boek deel ons met jou wat ons versamel het:  die positiewe uitkyk, die blink storie en die dinge wat ons laat lag het op ons kruis-en-dwars-togte deur die Karoo.

In Kapsak vol Karoo I, gaan jy lees oor karretjiemense en pioniers uit die 18de eeu, ook die nimmereindigende gevegte tussen die swartkruis-arend en die dassie leer ken, tussen statige Viktoriaanse wonings en ‘outsider’ kunstenaars deurloop, uitvind wie die voorsanger is by ‘n huiskonsert en saam stof opskop op die Nama Stap.  Daar is selfs ‘n Skot wat so tussen die boere woon, ‘n spook of twee, ruimtemannetjies met waatlemoen-koppe, allerhande eksentrieke tipes, feeste, reuse-erdwurms en verlore valleie.

Kom sit aan tafel by ons, skep jou bord vol van die heilsame kos van ons kontrei, terwyl jy luister na ‘n paar nuwe stories oor ‘n ou-ou land.

Dan gaan vang ons ‘n middagslapie en daarná…

…nooi ons jou uit om saam met ons in die stowwerige ou bakkie te klim vir ‘n reis op die eindelose grondpad deur die wye oop arms van die Karoo.

Let Wel: Maak asseblief seker jy bestel die boekformaat van jou keuse. Ons gedrukte boeke is beskikbaar van Karoo Space. Op hierdie blad kry jy eksklusief die Eboeke.

4.00 out of 5

1 review for Knapsak vol Karoo I Eboek

  1. 4 out of 5

    :

    MAKLIK, GEMAKLIK

    Die Karoo is nie so seer ‘n plek nie as ‘n ervaring, ‘n vervoering. Aanvanklik voel mens miskien dat jy ‘n gas hier is, maar dis nie van lange duur nie. Binnekort voel jy dat jy hier hoort. Dis maklik. Gemaklik.

    As jy op ‘n koue wintersoggend so teen die sonnetjie sit en doer in die verte uitstaar – jy weet mos, jy fokus in op niks besonders nie maar alles blyk in fokus te wees – word jy tegelyktydig bewus van die oerheid om jou en van die oermens in jouself. En dit ook is gemaklik. Dit pas soos ‘n handgebreide trui.

    Dit is hoe dit voel om Chris en Jules se handgebreide boeke te lees, te proe en te geniet. Soos eerlike wyn, hoef jy nie ‘n fynproewer te wees om die pure genot daarin te vind nie. Hul hartstog skyn deur soos glansende sonstrale en jy ervaar die warm, ondubbelsinnige eerlikheid van mense wat tuisgekom het. Die fotos jubbel en neurie, verstom en verwelkom, verduidelik en verbuister. Die woorde is soos ‘n rivier wat jou saamdra op sy strome en ‘n nuwe wonder om elke draai ontbloot.

    Nou is hierdie ervaringe ook in die jongste tegnologie beskikbaar. As e-boeke is Chris en Jules se werke en hartstog toeganklik en verbasend. Maklik en gemaklik.

    Llewellyn Kriel

Add Review

Add a review

*