Welkom by Knapsak vol Karoo II. Jy gaan nou die Hartland van Suid-Afrika binne.
Hier sal jy ‘n Zenmeester ontmoet op ‘n plaas by Colesberg. ‘n Ware shaman wat genees met kruie en bekend is met die gedagtes van donkies; ook ’n man wat sy huis deel met 120 000 boeke, die Rieldanskoningin van Namakwaland, die Waterkoning van die Karoo en ‘n hele gros musikante wie se voorkeur dit is om iewers in die dorsland konsert te hou.
Jy sal hoor van die nagdiertjies van die Karoo, voetslaan agter die krimpvark aan na donker, saamwandel met tiere naby Phillippolis, die vlug van die rooivalkies van Hanover meemaak, saamduik met krokodille in die Klein Karoo en uitvind hoekom skilpaaie effe vinniger is in September.
Jy sal in die Binnekring paradeer by AfrikaBurn, neon towerstok in die hand, jou gesig geverf in uitspattige pastelle, jou Uiterlike Self (daardie een wat byna nooit van die leiband afkom nie) aan die buitekant vir almal om te bekyk. Jy sal die trap-trap van die Nama-riel leer by die Williston Winterfees, die vlieëniers dophou wat soos spatsels verf in die blou Karoo-hemel bó Carnavon sweef, die adrenalien voel bruis as jy in jou K2 kano die Cradock Weir “skiet” en saamsing met Koos Kombuis, Vusi Mahlasela en die Silver Creek Mountain Band soos hulle al die liedjies van jou lewe speel.
Hierdie boek is ons geskenk vir en aan die Karoo, aan almal wat dit deurreis, aan almal wat daar bly – en aan hulle wat nog hierdie supervriendelike woestyn in die middel van Suid-Afrika moet ontdek.
Let Wel: Maak asseblief seker jy bestel die boekformaat van jou keuse. Ons gedrukte boeke is beskikbaar van Karoo Space. Op hierdie blad kry jy eksklusief die Eboeke.
Reviews
There are no reviews yet.