Knapsak vol Karoo I Eboek

R150.00

Kom ry met ons deur die Wye Karoo!
Format: PDF. File size: 15.9 MB

SKU: KSD15 Category:

Vandag is die perfekte dag om in die Karoo te wees – as inwoner, óf as besoeker.

Hier het ons sjampagne-sprankel lug, meestal vriendelike bure, horisonne wat jy vir dae en dae in jou motor kan jaag, ‘n grondpad wat soms niks meer as een donkiekar per uur sien nie – en meerkatte wat soggens die lug bespied vir goeters wat in die wolke rondvlieg.

In hierdie boek deel ons met jou wat ons versamel het:  die positiewe uitkyk, die blink storie en die dinge wat ons laat lag het op ons kruis-en-dwars-togte deur die Karoo.

In Kapsak vol Karoo I, gaan jy lees oor karretjiemense en pioniers uit die 18de eeu, ook die nimmereindigende gevegte tussen die swartkruis-arend en die dassie leer ken, tussen statige Viktoriaanse wonings en ‘outsider’ kunstenaars deurloop, uitvind wie die voorsanger is by ‘n huiskonsert en saam stof opskop op die Nama Stap.  Daar is selfs ‘n Skot wat so tussen die boere woon, ‘n spook of twee, ruimtemannetjies met waatlemoen-koppe, allerhande eksentrieke tipes, feeste, reuse-erdwurms en verlore valleie.

Kom sit aan tafel by ons, skep jou bord vol van die heilsame kos van ons kontrei, terwyl jy luister na ‘n paar nuwe stories oor ‘n ou-ou land.

Dan gaan vang ons ‘n middagslapie en daarná…

…nooi ons jou uit om saam met ons in die stowwerige ou bakkie te klim vir ‘n reis op die eindelose grondpad deur die wye oop arms van die Karoo.

Let Wel: Maak asseblief seker jy bestel die boekformaat van jou keuse. Ons gedrukte boeke is beskikbaar van Karoo Space. Op hierdie blad kry jy eksklusief die Eboeke.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.