Die naweekwegbrekers van die stad, in hul opgesoepte SUV’s, kom brulperd soms deur die Karoo, maar lyk dan meestal soos vulgêre kersbome op rubber.
In die Karoo draai omtrent alles om die bakkie. In Amerika se droogste dele (New Mexico) noem hulle dit die pickup truck. Selle ding! Maar deesdae gaan dit nie oor hoeveel diesel jy kan verbrand in een ontploffing van spoed nie, maar eerder oor hoe ver jy kan ry met net ‘n asempie diesel sonder om oor te skakel na vierwielaandrywing.
Eintlik is ‘n eenvoudige bakkie met diff-lock meer as genoeg om in die vlaktes te oorleef. Die geheim is: grondvryehoogte, of hoe ver jou as van die pad af is. Nou ja, dan vat jy dit net rustig en so kan jy katvoet kruie oor die rofste grondpad en selfs sommige van die meer skurwe areas van die Richtersveld en die Noord-Kaap oorrompel.
Daar’s ‘n legende van ‘n ou man met die naam Theo Cilliers wat – eintlik amper soos die Vlieënde Hollander – gereeld te siene is op die grynerige agterpaaie van die Kaap tot by die Kunene in ‘n ingeleefde ou Isuzu-bakkie wat nog nie eens gehoor het van diff-lock nie, wat nog te sê van vierwiel-aandrywing. Sommige beweer dat hulle sy stowwerige yster-strydros in die middel van Namibië se Kaokoveld oor bykans onmoontlike terrein sien ry het in ‘n amper elegante, spokige waas.
Ander meen dié mitiese Cilliers het nou ‘n reisgenoot na aanleiding van pas-ontdekte “Theo en Willie” Isuzu bakkie-graffiti by die murasies van die ou Putsonderwater Hotel, waar dié twee dalk verby is op pad na moderne Karoo- mitologie…
Uittreksel uit Knapsak vol Karoo, deur Chris Marais en Julienne du Toit (MLM Uitgewers, 2009). Vertaler: Melina Smit. Redigering: Jurie & Elsje Taljaard.
Karoo Collection is ‘n gratis exemplaar van offerings in ons nuwe e-Boekwinkel. Laai die boek gerus hier.