Knapsak vol Karoo: Die Waterdokter

dok 1
dok 1
Leon Swanepoel kan jou diep dinge vertel van ‘n Karoo windpomp.
Die Waterdokter van die Karoo bestuur sy windpomp spreekkamer vanuit ‘n skrootwerf vol gekontroleerde chaos in Carnavon.

Masjieniste in die winkel repareer kort-kort ou windpompparte en as die kalf in die put is, maak hulle sommer ‘n nuwe een.

dok 2
Windpomp parte oral in Leon se winkel.

Van agter die naeltjiehoogte toonbank orkestreer die enigmatiese Leon Swanepoel die Boere Windpomp Koffiekroeg – soos dit grappenderwys genoem word. Liefderyk rol die name van die windpompe wat hy ken oor sy lippe.

“Climax, Southern Cross, Dempster, Gypsy Wonder, Dandy, Star Zephyr, Lloyd’s Aermotor, Malcomess, Ace, Buffalo, Gearings, Springbok, Eclipse, Star Dunell’s, Baker, Mogul…”

Hy stop.  Top so ‘n rukkie.

“Het ek al gesê, Climax?  Hulle hou mos vir ewig, weet jy?”

As jy meen Leon en sy troepe is dinosorusse, wat ‘n uitgestorwe tegnologie beoefen, sal jy verkeerd wees. Kyk ‘n bietjie deur die kontrei. Sommige plase het dosyne windpompe wat die kosbare water, vir oorlewing uit die grond uit woer.

Carnavon self het eens meer as 1000 windpompe gehad en van hulle staan steeds trots in agterplase. Dié plek se grondwater is glo die soetste in die hele Karoo!

Daar is heeltemal niks wat Leon nog nie oor die afgelope 53 jaar moes doen met ‘n windpomp nie. Hy kan ‘n massiewe Climax afbreek en al die onderdele agter-op sy bakkie pak. Hy’t al van wortels tot bye uit boorgate gehaal. Hy’t selfs al swaar pomp-aparaat 50m ondergronds moes uithaal!

“Water is die siel van alles,” meen hy. “En windpompe is die hart van die Karoo.”

Die storie verskyn in Knapsak vol Karoo II deur Chris Marais en Julienne du Toit en beskikbaar as ‘n e-Boek op die Karoo Space e-Boekwinkel.

 

  • dok 3
    Die groot windpomp winkel op Carnarvon.

 

3 thoughts on “Knapsak vol Karoo: Die Waterdokter

  1. Morne says:

    Hi,

    Uiteindelik hoop om parte te kry vir my windpomp, hoe kan ek in kontak kom met Leon Swanepoel, ek het n ou windpomp in die hande kry omdat ek hou van oudhede en wil graag n paar goedjie op hom regmaak net om te vertoon, maar wil graag he alles moet werk soos dit oorspronklik gewerk het, wil ook weet watter windpomp ek gekry het, het geen idee nie.

    Groete
    Morne

  2. WILLEM DE BEER says:

    EK is op soek na iemand wat 3 windpompe vir my kan herstel. Ek bly in die Noordwes Provinsie tussen Rustenburg en Derby. Kan my iemand voorstel wat die herstelwerk vir my kan doen asseblief. Dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published.