
Kort voor sy dood op 25 Oktober 2007 in London, het Patrick Mynhardt nog kans gesien vir ‘n marathonvertoning: ‘n Coulage, saamgestel uit Boy van Bethulie en sketse van oom Schalk Lourens – die legendariese verteller in die grootste gros van Herman Charles Bosman se satires. Vir meer as vier ure was die plattelandse gehoor in Richmond vasgenael, oorrompel deur dié formidabele 75-jarige veteraanakteur.

In die “green room”, voor dié vertoning, besin Mynhardt oor die slag toe hy die ereburgerskap van Bethulie, sy tuisdorp, in ontvangs moes neem. “Ek moes optree ter ere van myself,” het Mynhardt onthou, “maar dit was ook ek wat die stoele moes regpak, die vensters moes oopmaak, die verhoog moes skoonvee en einde ten laaste die gordyne weggerol het.”
Maar toe hy dié aand in die kollig verskyn, was die gehoor se spontane reaksie ‘n dawerende applous. Net een omie, wat dié akteur voor hom sien grootword het, het hom telkens onderbreek met: “No, no, Pattie! It never happened like that.”
Vra vir Mynhardt waar hy die passie vandaan kry vir ‘n doodgewone kleindorpievertoning op die vooraand van optredes in Londen se West End, is sy reaksie: “I just want to die in the spotlight, with my acting boots on – it doesn’t matter where…”
Uittreksel uit Knapsak vol Karoo, deur Chris Marais en Julienne du Toit (MLM Uitgewers, 2009). Vertaler: Melina Smit. Redigering: Jurie & Elsje Taljaard.
Kom kuier gerus by ons nuwe e-Boekwinkel.